Ek verwys spesifiek na Afrikaners wat buite 'n volkstaat sal woon. My hipotese berus op die stelling dat ekonomiese oorlewing van Afrikaners buite 'n volkstaat nie deur rasse-ideologie of godsdiens verkry gaan word nie, maar deur effektiewe derdevlak bestuur. Ek wil dan ook konkrete voorstelle aan die hand doen om die proses na plaaslike selfbeskikking aan die gang te kry.
Die bewandeling van die weg na selfbeskikking buite die raamwerk van die grondwet lei na donker situasies wat vooraf nie voorsien kon word nie.
Alhoewel die grondwet vol gebreke wat strydig is met die stereotipe dat die grondwet (1996) so fantasties sou wees, bied desondanks die gebreke daarvan tog skuiwergate wat gevolg kan word.
Om dinge te bemoeilik word die grondwet dikwels uit verband geruk.
Lees verder: Selfbeskikking binne die konteks van die Menseregteakte van die Grondwet 1996
Lys u gastehuis op die webwerf sodat Afrikaners van alle uithoeke kan uitsien na opregte Afrikaner gasvryheid tydens die 3 September in Pretoria
Ons land het ‘n stroomversnelling binnegegaan soos laas aan die einde van die tagtigerjare. Toe het die ANC, danksy buitelandse hulp, Suid-Afrika binnegekom en ons hele staat en die helfte van die ekonomie gevat, sonder om ‘n skoot te skiet.