HomeVERGADERINGREGISTRASIE
Die dorp/stad/area waar u huidiglik woon/werk

'n Vergadering oor 'n moontlike kantonstelsel om selfbeskikking op plaaslike vlak te verseker, sal op 3 September 2011 plaasvind.

Die Ou Raadzaal op Kerkplein in Pretoria is die vergaderplek. Die vergadering sal om 10:00 begin en sal om 17:00 eindig.

Parkering is beskikbaar in Schoemanstraat aan die linkerkant 100m oos van Paul Krugerstraat. Dit is twee blokke van die Ou Raadzaal af.

Vir diegene wat nie die vergadering persoonlik kan bywoon nie, gaan daar gepoog word om dit vir belangstellendes moontlik te maak om die vergadering op Skype te volg.

Diegene wat insette wil lewer maar nie die vergadering kan bywoon nie, kan skriftelike voorleggings aan ons deurstuur welke voorleggings dan op die vergadering ter tafel gelê sal word.

Diegene wat die vergadering wil bywoon moet asseblief hulle name deurstuur sodat daar reëlings vir verversings en middagete getref kan word, aan info[by]zanli.co.za.

Die kostes is soos volg, afhangend van waar u kom:

Pretorianers        R100

PWV-inwoners        R50

Alle ander          Gratis

Die vergadering mag ‘n geskiedkundige gebeurtenis wees en geskied te midde van 'n ongekende debat oor selfbeskikking in Afrikanergeledere en hoe finansies en infrastruktuur in groot dele van die land van die huidige verval gered kan word.

Die begeerte heers by baie mense om weer inspraak in die bestuur van hul eie gebiede te verkry en 'n kantonstelsel of selfbeskikking op plaaslike vlak is al wat daarvoor voorsiening maak. Oor die langer termyn meen kenners dat die vestiging van sodanige kantons wat onderling met mekaar saamwerk tot toekomsigte volkstate binne die sentralistiese Suid-Afrika kan lei, met die moontlikheid van eksterne selfbeskikking wat uit de facto-beheer oor eie grondgebied(e) kan spruit.

Die bydrae wat so 'n kantonstelsel tot onderwys, welsyn en veiligheid kan maak, sal ook onder die loep kom.

'n Vorige vergadering enkele weke gelede is deur 'n wye spektrum van Afrikaanse organisasies en politieke partye bygewoon en het die hoop op groter onderlinge samewerking tussen Afrikaners laat opvlam.

Uncensored South African News

Afrikaner Nuus

Teken in of Registreer

Verblyf tydens die Vergadering

BB-iconLys u gastehuis op die webwerf sodat Afrikaners van alle uithoeke kan uitsien na opregte Afrikaner gasvryheid tydens die 3 September in Pretoria

Lees meer hier ...

Ope brief aan Afrikaners

roodt dan11Ons land het ‘n stroomversnelling binnegegaan soos laas aan die einde van die tagtigerjare. Toe het die ANC, danksy buitelandse hulp, Suid-Afrika binnegekom en ons hele staat en die helfte van die ekonomie gevat, sonder om ‘n skoot te skiet.

Lees verder

Nuusbriewe

Algeme Nuusbrief



Free business joomla templates